'n Bybelse kanon[1] is 'n lys tekste (of "boeke") wat 'n spesifieke godsdienstige gemeenskap as gesaghebbend beskou. Die woord "kanon" kom van die Griekse κανών wat "reël" of "meetstok" beteken. Die Christene was die eerste persone wat die term met betrekking tot die Skrif gebruik het, maar Eugene Ulrich beskou dit as 'n Joodse konsep.[2][3]
Die meeste van die kanons wat hieronder gelys is, word as "geslote" beskou (d.w.s. boeke kan nie bygevoeg of weggeneem word nie),[4] menende dat die openbaring tot 'n einde gekom het. In teenstelling hiermee bestaan daar "oop" kanons wat die byvoeging van boeke veroorloof namate verdere openbaring ontvang word.
Hierdie kanons het deur middel van debatvoering (kanonologie)[5] en eenparigheid tussen die godsdienstige gesagsfigure van onderskeie godsdienste en denominasies ontwikkel. Gelowiges beskou kanonieke boeke as Godgeïnspireerd of as 'n uitdrukking van die gesaghebbende geskiedenis van die verhouding tussen God en sy volk.
{{cite book}}
: Ongeldige |ref=harv
(hulp)
{{cite book}}
: Ongeldige |ref=harv
(hulp)
[…] the science of determining which books of the Bible were truly inspired and which were not is called canonology.